Herpes simplex

Herpes simplex
Klassifikasie en eksterne bronne
Herpes labialis op die onderlip.
Herpes labialis op die onderlip.
ICD-10 A60, B00, G05.1, P35.2
ICD-9 054.0, 054.1, 054.2, 054.3, 771.2
DiseasesDB 5841
eMedicine med/1006
MeSH D006561
Mediese waarskuwing

Herpes simplex (Grieks: ἕρπης herpēs= "kruipend" of "sluimerend") is 'n virale siekte wat veroorsaak word deur die herpes simplex-virus (HSV).[1] Infeksies word geklassifiseer na gelang van die deel van die liggaam wat besmet is. Orale herpes tas die gesig of mond aan. Dit kan lei tot groepies klein blasies wat dikwels koorsblare genoem word, of dit kan net 'n seer keel veroorsaak.[2][3] Genitale herpes, dikwels eenvoudig bekend as herpes, bring geringe simptome mee of vorm blase wat oopbreek en klein swere vorm. Dit genees gewoonlik binne twee tot vier weke. Voordat die blasies verskyn kan daar 'n tintelende gevoel of steekpyne ervaar word. Herpes wissel tussen periodes van aktiewe siekte gevolg deur simptoomvrye periodes. Die eerste episode is dikwels meer ernstig en kan gepaardgaan met koors, spierpyne, geswelde limfkliere en hoofpyn. Met verloop van tyd neem die frekwensie en hewigheid van aktiewe siekperiodes af.[1] Ander siektes wat veroorsaak word deur die herpes simplex-virus sluit onder andere in: herpetiese fyte wat die vingers aantas,[4] herpes van die oog,[5] herpes infeksie van die brein,[6] en neonatale herpes wat pasgebore babas affekteer.[7][1]

Nadat besmetting plaasgevind het, word die virusse met die sensoriese senuwees langs vervoer tot by die senuweeselliggame waar hulle lewenslank woon. Oorsake vir herhalende infeksie mag wees as gevolg van verminderde immuunfunksie, stres en blootstelling aan sonlig.[2][8] Mondelinge en genitale herpes word gewoonlik gediagnoseer op grond van die simptome wat voorkom.[2] Die diagnose kan bevestig word deur virale kultuur of die opsporing van herpes DNA in die vloeistof wat afkomstig is uit die blase.

Wêreldwye koerse van óf HSV-1 of HSV-2 is tussen 60% en 95% in volwassenes.[9] HSV-1 word gewoonlik opgedoen tydens die kinderjare.[1] Beide koerse verhoog as mense verouder.[9] Meeste mense met HSV-2 besef nie dat hulle besmet is nie.[1]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Genital Herpes – CDC Fact Sheet". cdc.gov.
  2. 2,0 2,1 2,2 Balasubramaniam, R; Kuperstein, AS; Stoopler, ET (April 2014).
  3. Mosby (2013).
  4. Wu, IB; Schwartz, RA (March 2007).
  5. Rowe, AM; St Leger, AJ; Jeon, S; Dhaliwal, DK; Knickelbein, JE; Hendricks, RL (January 2013).
  6. Steiner, I; Benninger, F (December 2013).
  7. Stephenson-Famy, A; Gardella, C (December 2014).
  8. Elad S, Zadik Y, Hewson I, et al.
  9. 9,0 9,1 Chayavichitsilp P, Buckwalter JV, Krakowski AC, Friedlander SF (April 2009).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search